29 October 2006

Past, present and future

Dis die oomblikke wat tel. Ek sal altyd die eerste oogopslag onthou: Hy daar by sy rekenaar in die middel van die kantoor, 'n donderwolk bo sy kop omdat die damn C++ kode nie na sy wil buig nie. Hy't daar pens en pootjies in my hart gekruip.

Dit het hom 'n tydjie geneem om my te trust. Een Woensdagaand bel hy: "Gaan ons Akker toe", was sy woorde. Dit was ses maande voor my verhuising na die VSA. Maar sad songs sê dit mos altyd die beste.

Past, present and future
Past - well now let me tell you about the past
Past is filled with silent joys and broken toys
laughing girls and teasing boys
Was I ever in love?
I called it love
I mean - it felt like love
There were moments when...
well, there were moments when...


Die aande in die Akker; die stap teen Stellenbosch berg met sononder; die dag by Kaapstad Internasionaal toe ek koebaai sê vir die lang trek oorsee - dit alles lê wyd en diep in my binneste gesaai. Die email waarin hy my van haar vertel, dat sy die een is, dat hulle die ding gedoen het staan geëts teen die binnemure om my hart. Die herenigings elke einde van die jaar, so asof daar nie nog 'n jaar verby is nie. Die aand wat ek en hy na die club in Kaapstad was, nadat sy hom die moer in gemaak het - die gespin van my gemoed en die blydskap dat hy ook 'n draai in my wêreld gaan maak het - speel soms nog deur my gedagtes.

I would take you where the music's sweetest
And feed you winter fruits and summer wine
Show you things you've only read in story books
If I thought you'd ever change your mind

I would bring you happiness
Wrapped up in a box and tied with a yellow bow
I would bring you summer rain and rainbow skies to make your garden grow
And in the winter snow my songs would keep you from the cold

But what use of flowers in the morning
When the garden they should grow in is not mine
And what use is sunshine if I'm crying
And my falling tears are mingled with the wine

Sy troue was die een wat ek nooit sou mis nie. Dit was my pelgrimstog deur die woestyn, soos die Israeliete van ouds, deur die smeltkroes van selfverloëning na die beloofte land. Ek het in die tuin gepleit; die beker geledig tot die laaste druppel. Die beeld van hom en haar voor die kansel, hand aan hand - dis op my vakansiefoto CD ingebrand, in nulle en ene.

Daardie Dinsdagaand met my aankoms in Stellenbosch het ons 'n laaste maal in die Akker gesit, tot sluitingstyd en kronkelpaaie saam geloop. Die band tussen ons is weereens bevestig en beëdig met gewyde eenvoud oor 'n beker Windhoek en 'n Castle draught. 'n Kort oomblik was die ou Martin weer daar naas my as hy sy twyfel en frustrasie bekla. Maar ek kon sien hoe sy hom reeds oorrompel het. Die verwydering was bykans volbring.

Na die trouseremonie het sy steeds 'n attitude gehad - waarskynlik omdat hy van die pad gery het op terug van my en sy kuier daardie Dinsdagaand. Maar hy het my naam eerste genoem uit die lys van mense wat van ver gekom het vir die troue.

What now my friend?
Now that you left me
How can I live through another day?
Watching my dreams turning to ashes
And my hopes into bits of clay
Once I could see
Once I could feel
Now I am numb
I’ve become unreal
I walk the night
Without a goal
Stripped of my heart
My soul

Past, present and future

Tomorrow - well... Tomorrow is a long way off
Maybe someday I’ll hold somebody’s hand
Maybe somewhere someone will understand
You know - I used to sing: “A tisket, a tasket, a green and yellow basket”
I’m all packed up and I’m on my way and I’m gonna fall in love
but at the moment it’s doesn’t look good
At the moment it will never happen again
I don’t think it will ever happen again

[Songs uittreksels kom uit Agnetha Faeltskog se My Colouring Book]

0 Comments:

Post a Comment

<< Home